Ek sit buite in die Karoo se nag –
asemrowend prykend spoggend prag
Lyk my die Here het dik swart fluweel tussen hemel en aard kom drapeer
Ek sien die ster se skyn, skitter skans, eers enkelvoudig, dan sterre, meer en meer.
My verbeelding sien mot gevreete gaatjies in die pik swart doek geprik -
aan dié se keer kant is Lig, fees-geluk,
engele wat dansend laggend sing
wat liedere, vreugde tot die Ligbron bring.
En dan en wan is dit ‘n engel wat verby die gaatjies plekke stap
en die skynsels laat lig-dof-lig-dof flikker op die lap
Die melkweg is kompleet skifplek op die doek –
wil wil deurskyn, hang af van die Ligvalhoek
en ek verwonderd wens om anderkant die swart gordyn te wees
met odes by die Vryheidsfees.
Laat motte-roes die gate groter maak en alles hier vergaan
en die Fees daar buite bly voort bestaan
...bewaar my hier waar ek sit of gaan,
bewaar my met ‘n kindsverstaan.
No comments:
Post a Comment