Neem kennis:

Die inhoud van hierdie bladsy word op eie risiko gelees. Die skrywer word hiermee gevrywaar van alle reaksies of optredes van lesers.

Thursday 3 March 2011

Is en Wees


‘Is’ en ‘wees’, is werkwoorde, so het ons geleer op die skoolbanke by Juffrou Matteus. Tog het ek dit nooit verstaan nie tot nou in my lewe. Vanaand, na ‘n lang bedrywige dag vol krisisse en koffie, sit ek op die stoep van die groot ou leef-huis en uitkyk. Die wind waai soel. En ek sien die sterre so helder en oop soos net in die Karoo, die denne wat sis in die aand en ek begryp; IS en WEES, is werkwoorde. Want vanaand wens ek jy IS by my en dat ons net kan WEES. Dis al. IS en WEES Dis waaroor die lewe gaan; IS en WEES. My wens; daar waar jy nou IS, 
mag jy gelukkig WEES.

No comments: