Neem kennis:

Die inhoud van hierdie bladsy word op eie risiko gelees. Die skrywer word hiermee gevrywaar van alle reaksies of optredes van lesers.

Thursday 3 March 2011

Twee jaar t'rug se Lente

Ek dink aan eergister, voorwaar ‘n pragtige aanskakel van die Lente hier in die Karoo. Op ‘n stadium toe ek die oggend deur die gang loop was dit die mooiste helder heuning sonskyn wat  vanuit die kamers se deure op die geelbruin houtvloere val. En vanaand verlang ek weer, soos ek nog baie kere al verlang het en ook nog gaan verlang. Die woord verlang se voorvoegsel sê dit reeds: ver of vêr. Met ander woorde, dit wat was, dit wat nou vêr terug van die hede lê. En die tweede deel van die woord verlang is, lang. Lang ook gesien as lank. Vêr lank terug. Vanaand is my hart weer ‘vêr lank terug’.  Of dalk nie so vêr lank terug nie, maar ek verlang. Amper soos verlore, verwag, vergeef, nie-vergete..., maar die een is verlang.

No comments: