Neem kennis:

Die inhoud van hierdie bladsy word op eie risiko gelees. Die skrywer word hiermee gevrywaar van alle reaksies of optredes van lesers.

Thursday 3 March 2011

van my terapie

Om laatnag in my onderbroek buite in die reën te sit en skoon te was – dit is terapeuties
Om voor die “sink” te staan en skottelgoed skoon-skoon te was, aanhoudend – dit is terapeuties
Om laatnag kerk toe te gaan en orrel te speel – dit is terapeuties
Om in stilte te sit met min of bykans afwesigheid van klank en net te bepeins – dit is terapeuties
Om kos te maak en deeg te knie – dit is terapeuties
Om te skryf – dit is terapeuties
Om uitbundig sonder vrees te lag – dit is terapeuties
Om te huil dat ek snak na asem dat selfs my neus loop – dit is terapeuties
Om te lewe is terapeuties

2 comments:

odette said...

Baie baie mooi Attie. So heeltemal self wees, hart en siel - bevrydend.. Die manier van doen, so in totaal. So uit die hart...

odette said...

Baie baie mooi Attie. So heeltemal self wees, hart en siel - bevrydend.. Die manier van doen, so in totaal. So uit die hart...